Daar is iets baie spesiaals aan ’n foto op hout. Die warm, natuurlike hout tekstuur laat jou herinneringe lewendig word op ’n manier wat ’n gewone raam eenvoudig nie kan namaak nie. By PhotoBLOX druk ons jou gunsteling foto’s op hooggehalte hout - perfek gesand en UV-verhard - sodat jy jou eie unieke muurkuns kan skep.
In hierdie gids wys ons jou hoe maklik dit is om jou eie foto blokke te bestel en ’n muur te skep wat jou storie vertel.
Hoekom ’n foto op hout?
’n Foto op hout het ’n unieke, natuurlike voorkoms. Elke blok het sy eie hout tekstuur, wat beteken jou kuns is werklik een van ’n soort. Die wit agtergrond laat jou foto’s pragtig uitstaan, en die natuurlike materiaal pas by enige styl - van modern tot landelik.
-
Warm en natuurlik - die hout tekstuur gee diepte en karakter.
-
Liggewig en sterk - maklik om op te hang en te skuif.
-
Persoonlik - jou eie foto’s, jou eie storie.
-
Groeibaar - voeg gerus mettertyd nuwe herinneringe by.
Kies jou vorm
Ons foto blokke kom in ’n paar kenmerkende vorms wat jy kan meng en pas:
-
SquareBLOX - ons gewildste vorm, perfek vir ’n netjiese rooster.
-
CircleBLOX - sag en speels, ideaal vir kinderkamers.
-
HoneyBLOX - heuningkoek-vorm wat aanhou groei.
-
MoonBLOX - voeg ’n luukse tikkie by jou muur.
So bestel jy - sommer maklik
-
Kies jou vorm en grootte op ons webwerf.
-
Laai jou gunsteling foto’s op, of stuur dit via epos. Wenk: gebruik die oorspronklike foto vir die beste drukgehalte.
-
Skies jou rand afwerking - dit skep ’n eenvormige, stylvolle look.
-
Betaal aanlyn en wag dat jou pakkie by jou voordeur opdaag. Boom!
Hang dit op - sonder spykers
Elke PhotoBLOX kom met ons spesiale nano-band wat aan byna enige oppervlak vasplak - géén spykers, géén boor, géén skade nie. Trek die beskermlaag af, druk dit stewig vas, en jy is klaar. As dit nie heeltemal reguit is nie, lig dit net af en plak weer. Dit maak foto op hout perfek vir huurders en vir enigeen wat van verandering hou.
Wenke vir pragtige muurkuns
-
Gebruik dieselfde filter oor al jou foto’s vir ’n eenvormige look.
-
Aardse en neutrale kleure lyk besonders mooi op hout.
-
Pak jou blokke eers op die vloer uit voordat jy hulle ophang.
-
Hou ’n egalige spasie (ongeveer 3–5cm) tussen elke blok.
-
Voeg van ons gratis aflaaibare aanhalings tussen jou foto’s by.
Gereelde vrae
Hoe lank neem aflewering?
Bestellings word binne 7–14 werksdae voltooi, en aflewering reg deur Suid-Afrika neem 3–5 werksdae.
Sal die band my verf beskadig?
Ons nano-band is ontwerp om vas te plak en weer af te kom sonder om jou muur te beskadig. Plak op ’n skoon, droë en gladde oppervlak vir die beste resultaat.
Kan ek foto’s van Instagram of Facebook gebruik?
Ja - dis van ons gunstelinge! Laai net die oorspronklike foto op waar moontlik, want sosiale media verklein foto’s en dit kan die drukgehalte van groter blokke beïnvloed.
Gereed om jou eie muurkuns te skep? Kies jou vorms, laai jou foto’s op, en laat ons jou muur laat groei. Koop vandag by PhotoBLOX.
Wees Geïnspireer, Span PhotoBLOX
